Komposhoop

composhoop1111Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder of ek die ding dalk nie te vêr vat nie, was toe ek vir ou Gert wat besig was om die blare te blaas so deur die geraas my vinger soos 'n ruitveêr geswaai het en toe met my wysvinger teen my bors getik het.

"Ek mag hom nie gebruik nie?" sê-vra hy. Ek knik instemmend my kop en hy kry die boodskap.

Die volgende keer (en sedertdien) was waar ek myself vang dat ek my verbeel ek ry op 'n motorfiets. Dan "rev" ek daai 25cc masjientjie tog te lekker. Tot Zelda vir my op my skouer tik en my aarde toe pluk met, "Hierdie ge-brrm-brrm gaan my en die meisies teen die mure uitdryf..."

Nou ry ek maar aan die agterkant van die huis my "motorfiets" dat die blare so waai...

Dis nou nie eintlik my storie nie. Tog baie naby want die agterkant van die huis bevat 'n vuilgoedhoop wat ek gedurig moet beskerm teen dreigemente van vernietiging. Dit was tot onlangs 3 teen 1. Ek vermoed ons is nou twee teen twee. Dis nou as Jonè my storie gekoop het. So moes sy mos 3 potte vol "potting soil" kry en ek verwys haar na my hoop.

"Ek was daar, dis dan net gemors!" hoor ek.

Met 'n tuinvurk maak ek 'n lekker diep gat in my "gemorshoop" en wys haar die warm kompos.

"Wow! waar kom al die grond vandaan?" verander die deuntjie vinnig terwyl ons die eerste pot vol kompos gooi.

I rest my case and the rest is history.

Jy weet ek kon nie anders as om te dink dat ons geestelike lewens maar net soos 'n kompos hoop is nie. Wanneer ons Jesus toelaat om ons lewens te verander word ons geestelik voedsaam. Die Vrug van die Gees floreer en skiet diep wortels. Hoe dieper Jesus se wortels in ons lewens groei hoe sterker en ryper word ons geestelik.

Het jy enige blare wat dalk bymekaar gehark kan word vir 'n komposhoop?

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348