Slaggate

potholes021010_copyJy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan het weens die wawiele wat gate getref het en hulle - sit dan so aan diekant en dan sit-sit hulle so aan daaikant van die wa.

Goed, sing nou (of neul hom saggies) die einste liedjie in jou gedagtes en visualiseer hoe die ooms, tannies en dalk die kinders, as hulle voor mag sit, die liedjie sing terwyl hulle ritmies rondgeskud word van die een kant na die ander...

Ek weet nie of jy bewus was daarvan nie, maar kinders was nie toegelaat om voor op die bankie te sit nie. Dit was ingestel vir hulle veiligheid, nie vir botsings soos in vandag se tyd nie, maar as hulle oor daai einste hobbel of gat sou ry, en so in die sit-sit-so liedjie dalk soos 'n boog deur die lug sou trek en agter een van die beeste te lande sou kom wat sopas jy weet "gewat" het...

Die probleem was eenvoudig - water was nie gemors op gesigwas nie. Punt.

Iets soortgelyks het my ook oorgekom, nie die afval nie, maar wel die slaggate. Dis eintlik 'n groot verrassing dat my motor se lugkussingtoestelle nie ontplooi het nie. Terwyl ek "verviestelik" in die truspieeltjie probeer vasstel waardeur ek is, tref die volgende slaggat my voertuig dat my tande se stopsels soos kleingeld in 'n jool "bedel blikkie" klingel. Toe sing ek nie onse boereliedjie nie, toe "rap" ek hom op een noot!

In ons geestelike lewens is ons soms ook geneig om te tob oor dinge wat in die verlede gebeur het. Dit veroorsaak dat ons, ons oë van Jesus afhaal, perspektief verloor en dan in 'n emosionele maalkolk beland waar ons vrede en lewensvreugde gesteel word. Maak jou dan vandag los van alles wat jou vashou en strek jouself uit na Jesus wat voor is en kom in Sy rus in.

Vader, dankie dat U die begin en die einde is, dankie dat niks by U onmoontlik is nie. Wys my vandag wat tussen ons mag staan, help my om los te maak, U hand te neem en die perfekte pad saam met U te stap. Amen.

Vreugde, Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348