Vrygemaak om te lewe

VrygemaakDie tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, "The Hedge", altyd sê hy kry so 'n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie het dit my laat dink.

Ek het nou nie regtig dieselfde gevoel gekry nie, eerstens want ek is nie 'n skilpad nie, tweedens; ek sal nie in 'n skilpad dop pas nie, en met 'n vorige maaggriep wat effe chaos in Bloem gesaai het, kry ek tans net ook nie gevoeltes nie, net dringende "seine". Dis ongelukkig net nie lekker gespasieer nie, dis binne sekondes. So asof jy 'n spoedkaartjie, dagvaardiging en die balju met een klop aan die deur ontvang. "Nou wat maak jy in so 'n geval" vra iemand my nou die dag, toe hy hoor van my dilemma.

"Mater" sê ek vir hom. "Ken jy daai gevoel wanneer jy in 'n motor wil wegtrek en die enjin wil vrek en hy ruk ruk met 'n gehoes en geproes en almal se koppe skud ritmies saam so asof Pa, Ma en die kiddies begin RAVE?" Hy begin lag; "Nou, sit 'n V8 in daai motor en gooi nog 'n "back-fire" ook iewers in, dan weet jy hoe ek voel..."

Maar nou ja, daar gaan my verbeelding oor die gevoel van 'n prentjie se reg of verkeerd.

Wat hierdie tekenprent eintlik so van toepassing maak is dat ons eintlik tog so baie dieselfde beginsel in ons alledaagse lewe kan deurtrek. En dit maak nie saak of jy 'n "happy clappy" of 'n "stoere boer" is nie. Die Woord kom en sê, Jesus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Dit voel soms vir my of ons dieselfde beginsel toepas as die man wat daarop aangedring het dat hy die baas is in die huis. Hy besluit wanneer hy onder die bed sal uitkom...

As Jesus ons vrygemaak het, dan lê die keuse by ons of ons dit vat en ons lewe daarvolgens inrig om as verlostes te leef. Daar is hordes voorbeelde, maar kom ek lig net een ding uit; lewe jy positief of negatief? Is jou gedagtegang daarop gefokus om positief of negatief te reageer in situasies?

Weet jy, 'n mens draai dit ook nie sommer net om en word wakker daarmee een oggend nie. Jy moet jou denke en lewensuitkyke doelbewus aanspreek en onder die beheer van die Gees inbring, stuk vir stuk. Kort voor lank sal jy agterkom dat jy fyn ingestel is en dadelik agterkom as jy negatief begin dink. Negatiewe denke kring baie wyer uit as wat jy dink, dit raak die mense rondom jou en beinvloed jou eie lewensgehalte. Dis dan ook 'n lekker trap wat die Satan gebruik om te steel...

Wees jy dan eerder vandag vir die mense rondom jou 'n bron van positiwiteit en lewe in oorwinning.

Johann

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348