Baklei teen jouself

baklei2907Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige kant is. In ‘n poging om hom vir julle te identifiseer het ek die Vrystaatse voëls ge-Google. My soektog was uiters suksesvol, gelukkig is daar nog 473 spesies in die provinsie. My moed het ‘n goeie knou gekry toe die eerste voeltjie in my lys die volgende name het: “Struthio camelus”, alias Struthionidae, of soos ek en jy dié een ken, die volstruis. Nodeloos, dit was die einde van my navorsing...

Die probleem met my geveerde maatjie is sy onverskrokkenheid. Telkemale deur die loop van die dag kom baklei hy in een spesifieke hoek van die venster… teen homself. (Duh!)

In al my pogings het ek al selfs aan die binnekant van die venster, ‘n foto opgesit van ‘n arend. Later het ek dit maar verwyder, nie oor my vreeslose vriend nie, maar oor opmerkings soos “Pa, jy..okei?” en dan die agterdogtige-ontledende-gefronsde kyke in my dogters se oë.

Nou kan ek myself al indink as hy so na 5 rondtes van baklei uiteindelik terugvlieg na sy nes en sy ondersteuningspan vir hom inwag met ‘n natlappie, waterbotteltjie, handdoekie en ‘n spoegbakkie.

“So, hoe was dit?”

“Jong, daai ander voël is tough my ou maat!”

“Kon jy darem ‘n paar goeie houe inkry?”

“Dis juis die ding, hoe harder en vinniger ek pik, hoe harder en vinniger pik daai mannetjie terug… en die snaakste is, hy het ‘n halwe arend saamgebring. Maar hy is nou vir jou eers useless. Hy sit net daar en kyk met sulke groot oë. Hy verroer nie ‘n spier nie. Ek dink hy is baie bang vir my…”

Wel, deesdae is die geveg redelik kort, as hy sy eerste “hou” uitdeel, dan roer ek net die blindings, en dis gewoonlik die einde van die geveg. Ek weet nie watter verskoning hy gebruik terug by die huis nie. Waarskynlik glo hulle hom nie. Hy is dan die champ!.

Baklei ons nie maar self soms so onnodig nie? Daai een ding wat jy maar net nie wil laat los nie. Dit bring jou geen vreugde nie, dit versuur eintlik net jou dag.

Maak dan los van wat agter is en strek uit na wat voor is, staan daar in die Bybel. Dis eenvoudig, hoe meer jy gaan toelaat dat goed jou aandag aftrek en jou lewe versuur hoe langer gaan jy vat om werklik te lewe in die volheid wat Vader vir jou bestem het.

Vader, ek bely my eie swakheid, dit wat my tog so kan vashou en verhoed om voluit te lewe. Dankie dat ek na U kan draai, dankie dat ek op U genade kan staatmaak, so onverdiend. U het reeds die prys betaal sodat ek in U volheid kan lewe, help my asb. Amen

Johann de Jager (ministriesworldwide.net)

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348