Nors mannetjies

black-ants0308Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet ek nog minder. Pleks daarvan dat wanneer hy op my tafel beland, sy plig kom uitvoer of “what ever” hy ook al moet doen, drentel hy soos ‘n beer met ‘n seer tand. Of nee, hy lyk eerder soos ‘n oorgewig meerkat in die oggendson.

Ek vermoed die testosteroon belaaide miere is dalk verkenners wat vooruit gestuur word om die land, my tafel, te kom verken. Ongelukkig maak nie een van hulle dit terug huis toe nie want ek vat nie die kans dat een van hulle dalk net eendag besluit om iewers tussen ‘n hempsmou of broekspyp op te klim nie.

Wat ek moet bely is hulle deursettingsvermoë. Hulle hou net nie op nie, en as ek my kry is daar weer een ‘n dag of wat later. Dit laat my wonder of jy dalk vandag ‘n uitdaging het waar jy op die nippertjie is om dalk bes te gee. Jy het dalk reeds moed verloor?

Dan wil ek jou bemoedig om vas te byt. ‘n Storm kan nie vir altyd woed nie, die son sal en moet deurbreek. Dalk is vandag net die dag wat die son sy verskyning maak en jy die sukses proe en die deurbraak belewe.

Kyk terug en jy sal net een ry spore sien, nie joune nie, maar wel Jesus wat jou dra.

Vader U Woord sê U ons nooit sal verlaat of weggooi nie. Dankie dat ek veilig is by U. Ek bid dat U my deur hierdie dag sal dra en ek die son sal sien deurbreek. Amen

Johann de Jager (Ministriesworldwide.net)

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348