In die ware ekklesia is Jesus Christus alleen die Koning

Dinge in my lewe as NG dominee het in 1992 dramaties verander die dag toe die Jesus wat ek sedert my bekering op die 10 Oktober 1969 reeds geken het as Verlosser, aan die begin van daardie jaar Homself aan my kom openbaar het as die Doper met die Gees.

Die meeste van julle ken die verhaal. (Julle kan dit ook lees in my boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN).

Daardie openbaring het my hele lewe en hele bediening radikaal verander. Nie net het ek God se Gees nuut ontdek nie maar het die verskillende gawes van die Gees vir my ’n wonderlike werklikheid in my en ander se bediening geword. Dit het werklik alles verander.

Sedert daardie tyd gebruik die Here Jesus my op ’n besondere manier om “nuwe wyn” aan mense wat uit dieselfde NG-agtergrond as ek kom, in ’n taal wat hulle verstaan, te vertel van hierdie dinge wat ek self ontdek het.

Vanjaar het iets soortgelyks weer in my lewe gebeur.

Hierdie selfde Jesus Christus, wat ek sedert my bekering ken as Verlosser en Here en in 1992 ontdek het ook die Doper is met die Heilige Gees, het ek opnuut ontdek as die Koning van alle konings, wie se Koninkryk op hierdie aarde gekom het.

Dit het weer gebeur soos laas daar in 1992. Weer het die Here my uitgedaag om vir my Bybel-rekenaarprogram, Online Bible, opdrag te gee om vir my al die verse in die Bybel uit te druk wat verwys na “die koninkryk”, “heerskappy”, “Here”, “Koning” en al die ander verwante begrippe.

Weer moes ek soos laas in 1992, al hierdie verse in konteks gaan bestudeer en het Jesus gesê: “Ek sal Myself op ’n nuwe manier aan jou openbaar!”

Dit is dan ook presies wat gebeur het die afgelope paar maande in my lewe.

Verstaan mooi. Dit is nie dat ek nie geweet het dat Jesus Christus die Koning is nie. Ek ken immers die Bybel en het dit al meer as twintig keer die afgelope paar jaar deurgelees. Ek het ook in my teologiese studies en in my prediking die afgelope 32 jaar dit deurdink en vir ander geleer.

Maar iets het met my die afgelope tyd nuut hieroor gebeur. Dit was asof ek dit vir die eerste keer werklik begin verstaan het. Dit was asof ek, wat dit betref, aan ’n omgekeerde boot gewoond was. Hierdie begrippe was wel deel van die “meubelment”, maar tog moes God se Gees dit soos nuwe wyn aan my kom bedien en moes ek leer om dit nuut te akkommodeer in my denke, my manier van praat, voel en lewe.

Ek het bv. ontdek dat die evangelie nie in die eerste plek die evangelie van die kruisiging en opstanding van Jesus genoem word nie, maar deur Jesus self “die evangelie van die Koninkryk” en die “evangelie van die koms van die Koninkryk” genoem word. Ek het nuut ontdek hoe Jesus Sy dissipels uitgestuur het om die “evangelie van die koninkryk” aan mense te gaan verkondig.

Ja, natuurlik is die koms van Jesus as die Messias, wat gekruisig is, gesterf en begrawe is, maar ook opgestaan het en lewe, die fondament van hierdie goeie nuus. Maar ek het ontdek dat dit alles moes gebeur as deel van God die Vader se groter plan, naamlik dat Sy Koninkryk op aarde moet kom. Die Vader gaan elke mag en vorm van gesag voor Jesus Christus, die Koning laat buig en sorg dat alles aan Hom onderwerp word.

Eers dan, soos 1 Kor. 15:24 tot 28 sê: “Daarna kom die einde, wanneer Hy die koningskap aan God die Vader oordra, nadat Hy elke mag, elke gesag en krag vernietig het. Hy moet as koning heers totdat die Vader al sy vyande aan Hom onderwerp het.

Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

Daar staan immers geskrywe: ‘Alles het Hy aan Hom onderwerp.’ Maar as die Skrif sê dat alles aan Christus onderwerp is, is dit duidelik dat die Vader wat alles aan Hom onderwerp het, uitgesonder is.

Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy Hom ook self onderwerp aan die Vader wat alles aan Hom onderwerp het. So sal God alles wees vir alles.”

Dit is God se agenda en plan. En hiervan is die Ekklesia deel. Ons is as’t ware God se stormtroepe wat daar in die voorste linies, op die voorstoep van die vyand, in elke area op aarde en van die lewe, in die Naam van ons Koning, Jesus Christus en met Sy outoriteit en gesag, Sy oorwinning moet gaan proklameer. Op elke duimbreedte moet ons in gehoorsaamheid aan Sy gesag oor ons hele lewe Sy beginsels en riglyne, Sy wil, gaan uitleef en gaan verkondig as die weg tot lewe en dit in oorvloed.

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348