Predikante positief oor Buchan

Só gesels ds. Dirkie van der Spuy van die NG gemeente Moreletapark oor die geweldige belangstelling wat die Mighty Men’s Conference van mnr. Angus Buchan gaande gemaak het.
Van der Spuy sê daar word al lank gebid dat
iets in Suid-Afrika moet gebeur.
Dat soveel mans bymekaar kon kom en nou oor
die Here praat, is volgens hom nie iets wat ’n mens
Hy meen Buchan het ’n gawe om op ’n eenvoudige
manier uit sy boerehart met mans te praat. God gebruik hom.
Dr. Stephan Joubert, redakteur van die e-kerk,
sê daar is ’n diep soeke na sin en betekenis by baie mense. By Buchan kry hulle
’n boodskap van hoop.
Oor sy boodskap skerts Joubert dat teoloë
mense is wat maklike goed ingewikkeld
Hy sê kritiese buitestanders sal sosiologiese
verklarings vir die groot opgewondenheid oor Buchan se boodskap soek.
Besorgde mense binne die kerk aanvaar egter
dat God op vreemde maniere werk. ’n Mens hoef nie alles te verklaar nie.
Dr. Nelus Niemandt, dosent in sendingwetenskap
aan die Universiteit van Pretoria, sê dis in die wese van godsdiens dat mense
behoefte het aan ’n pelgrimstog. Dit bied ’n gevoel van eenheid, van gedeelde
waardes en ’n groot geestelike belewenis.
As iemand gedink het die post-modernisme gaan
mense minder godsdienstig maak, sien ’n mens hier die teendeel.
Hy dink verder dat mense se onsekerheid oor
die land, die politiek en die ekonomie hulle laat soek na geestelike sekerhede.
Niemandt wys ook daarop dat ’n mens hier iets
sien van die tendens dat kerkgrense al hoe minder belangrik raak.
Oor die gedagte van godsdienstige herlewing sê
Niemandt die ervaring van lidmate wat op die Mighty Men’s Conference was, is
baie positief.
Hy sien by hulle iets van ’n hertoewyding.
As dit die vroeë reën van nuwe geestelike
toewyding in die land is, is hy baie bly.
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us

















