Angus mik vir 200 000 op sy plaas in 2009

ImagePRETORIA. – Mnr. Angus Buchan, Greytownse evangelis, wil voorbereidings tref om volgende jaar 200 000 mans met die Mighty Men-konferensie te ontvang.

Buchan, wat gister hier was ter voorbereiding van Saterdag se massabyeenkoms op Loftus Vers-feld, het op ’n byeenkoms van die Nasionale Persklub gesê hy wou nie nog ’n Mighty Men gehou het nie, maar daar sal nog een wees.

Soos vanjaar sal dit weer op die plaas naby Greytown gehou word. Die logistiek sal egter aansienlik verskil van vanjaar s’n toe 60 000 mans opgedaag het.

Buchan sê dit sal ’n opelug-byeenkoms wees, omdat daar g’n tent ter wêreld is wat plek het vir 200 000 mense nie.

Anders as vanjaar gaan hulle ook nie vir die mense kos gee nie. Elkeen moet sy eie kos saambring.

Om ’n herhaling te voorkom van die verkeersknope waarin mense vanjaar ure lank vasgesit het, gaan hulle die plaas aanstaande jaar al van die Maandag af oopstel vir die konferensie wat op Vrydag 8 Mei sal begin.

Oor Loftus vir Jesus, soos Saterdag se saamtrek bekend is, het hy gesê hy kom om vir mense te vertel God gee Suid-Afrika nog een kans.

“As ons dit nie vat nie, is ons in die moeilikheid. Niks minder nie as ’n herlewing wat van die Heilige Gees kom, sal dié land red.”

Buchan het gesê hy gaan sonde by die naam noem. Hy wil reguit praat, want hy is moeg daarvoor om “op eiers te loop” oor belangrike kwessies.

Hy is nie skaam vir die evangelie nie en beslis nie skaam vir Jesus nie.

Die geweldige belangstelling in sy boodskappe het hy bestempel as ’n wonderwerk. Tien jaar gelede wou hy ’n ontbytbyeenkoms vir mans reël. Hy het geadverteer en daar het net 14 opgedaag. Van hulle was vier van sy plaas af.

Dit wys vir hom die sukses is nie aan hom toe te skryf nie.

Op ’n vraag of hy ’n boodskap het vir vroue wat vaders se werk ook moet doen omdat dié dood is of hulle verlaat het, het Buchan gesê hulle moet Jesus Christus as hul man aanvaar. Hy sal vir hulle krag en rigting gee.

Hy het egter bygevoeg dat as mans hul rol speel soos hulle moet, behoort daar nie probleme vir weduwees of weeskinders te wees nie.

Hy self het ’n weeshuis op die plaas waar weeskinders versorg word.

~Volksblad 16/07/2008

 

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1334042892

1332488348