Britte se kennis van Bybel is maar karig
LONDEN. – Dawid en Goliat was die name van ’n skip en Daniël, wat uit die leeukuil gered is, is The Lion King.
Só reken Britte, wat luidens ’n onlangse opname al hoe minder kennis van die Bybel het.
Minder as een uit 20 mense wat aan die opname deelgeneem het, kon al die Tien Gebooie opsê.
Altesaam 40% van die deelnemers het laat blyk hulle weet nie daar is ’n verband tussen

Luidens dié navorsing, van die Durham-universiteit, het 60% van die respondente niks geweet van die goeie Samaritaan nie.
Veral jeugdiges is blykbaar deur die Bybel ontnugter en het vir navorsers gesê dié boek is “oudmodies”, “irrelevant” en vir “Dot Cottons”. Laasgenoemde is ’n verwysing na ’n karakter in die sepie EastEnders wat gereeld kerk toe gaan.
“Dit is die eerste bevestiging van iets wat ons almal instinktief geweet het. Ons het geweet dit is daar, maar ons was nie regtig gereed om dit te erken nie,” het eerw. Brain D. Brown van
Volgens Brown toon die uitslag van die opname dat meer moeite gedoen moet word met godsdiensonderrig, omdat kennis van die Bybel by mense jonger as 45 aan die kwyn is. “Ons moet erken dat die Bybel die grondslag is van ons gemeenskap, die boek waarop ons kultuur geskoei is.
Ateïste was nie besonder bekommerd oor die afname in Bybelkennis nie.
“Dit wys maar eintlik net geloof raak minder belangrik vir mense,” het me. Pepper
“Die feit dat mense minder weet van die Bybel beteken dalk dat dit minder en minder relevant word vir mense in die 21ste eeu.”
Ondanks die gebrek aan geesdrif oor die Bybel onder die 900 respondente, het ’n driekwart van hulle gesê hulle besit ’n Bybel en dat dit ’n beduidende rol in hul lewe vervul. – Reuters
Volksblad 14/7/2009
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us
















