Man se kruistog neem ’n wending

cross2508
TROMPSBURG. – Daar is soveel nood in Suid-Afrika, ook in die Vrystaat, dat hy tot die dag van sy dood met sy kruis op sy skouer sal aangaan om die Here se Woord te verkondig.

Só het mnr. Jacobus Cilliers (47) gister hier vertel. Hy het sowat drie jaar gelede “ ’n boodskap van God gekry” om letterlik sy kruis op te neem en ’n pad saam met Hom te stap.

Sedertdien het hy al duisende kilometers te voet afgelê, menige dorpies en stede besoek en wonderbaarlike dinge beleef. En hy word elke dag meer bewus van God se liefde vir Sy kinders.

Hy loop die paaie net met ’n kruis op sy rug, sy klere aan sy lyf, ’n dun, blou matjie waarop hy slaap, sy Blackberry-foon en ’n baadjie.

Hy vra nooit daarvoor nie, maar gewoonlik gee mense hom kos, ander weer geld dat hy vir hom kan kos koop en verder “betaal God geld in my rekening in” en so bly hy behoue. Dit is wel nie ’n houtkruis nie, maar die amper twee meter lange aluminiumkruis kan ongetwyfeld op die lang pad swaar raak.

’n Klein wieletjie, wat Cilliers onderaan die kruis aangebring het, help darem vir daardie steil opdraandes. Die kruis het ook ’n radio en luidsprekers en gewoonlik voordat hy ’n dorp binnegaan, openbaar God aan hom watter musiek hy moet speel.

Vyf dae gelede het Cilliers se alleenpad egter ’n drastiese wending geneem. Hy was onderweg na Carnarvon en het langs die N1, net buite Trompsburg, gestaan toe ’n vragmotor verbyry. Skielik het die vragmotor stilgehou en uit die passasierskant het mnr. David Domkrag (30) geklim.

“Ek was op pad na die Oos-Kaap toe ek vir Jacobus daar sien staan het. Die Here het dit aan my geopenbaar om my by hom aan te sluit,” sê Domkrag.

Nou stap hulle twee saam-saam vir dieselfde doel: Cilliers met sy kruis en Domkrag met sy ramshoring. “Ja, dit is wonderlik. Die Here het ons bymekaargebring om van hier af saam deur Suid-Afrika te loop,” beaam Cilliers.

Die twee het gister van hul ervaring in die NG kerk Trompsburg vertel. Met tye het Cilliers hard begin huil en vir gemeentelede gesê die Here se genade is byna ongelooflik. “Ek kon die vrede, die vernuwing en die hoop hier op Trompsburg voel.”

Cilliers en Domkrag gaan nou van hier Bethlehem toe. “Die Here het dit aan my bekend gemaak dat daar vernuwing onder swart mense gaan plaasvind. Daar gaan water uit ’n klip kom en mense gaan daar kan kom drink,” sê Cilliers.

Van daar is dit nog nie seker waarheen hulle gaan nie.

Cilliers gaan voort om met die kruis deur die land te stap tot “die wederkoms van Christus”. Domkrag hoop om te kan gaan leer om ’n prediker te word.

En, nee, hulle doen dit nie vir liefdadigheid nie. Ook nie vir ’n borgskap of kos of klere nie. Inteendeel, hulle is so ernstig oor die saak dat hulle nie eens rekeningnommers bekend wil maak nie. “Ons is heeltemal van die Here afhanklik. Ons loop die pad met geloof en hoop om ons roeping so saam te kan uitleef.”

Stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it om met Cilliers in verbinding te tree.

Karen Ebersohn - Volksblad

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662