Plakkers word NG-lidmate

plakkerskamp0409Pretoria - Tientalle plakkers in die ooste van Pretoria gaan later vandeesmaand NG-lidmate word.

Na verwagting kan soveel as 80 mense uit plakkerskampe in die omgewing later vandeesmaand in die NG gemeente Moreletapark gedoop word.

Dit is die vrug op ’n bediening onder plakkers in die omgewing wat sedert vroeg verlede jaar deur mnr. Alvar Olivier, lidmaat van Moreletapark, gelei word.

Olivier raam daar kan sowat 5 000 plakkers in die ooste van Pretoria wees. Hulle bly versprei op sowat tien verskillende plekke in die veld. Olivier-hulle het begin deur in die kampe in te gaan om verhoudings te bou en te hoor watter nood die mense het.

Daarop het hulle begin om hulle kos te gee – “omdat die Bybel so sê”.

Aanvanklik het hulle op klein skaal rys en blikkies vleis uitgedeel. Deesdae is dit veral mieliemeel en soja.

Ná twee maande het hulle saam met die mense begin sing en bid en algaande het die geestelike bediening uitgebrei.

Vandag is daar ’n herder vir elke plakkerskamp waar hulle betrokke is en daar word gereeld op Sondae dienste in die veld gehou.

Maandagaande word daar verskillende Jesus-flieks in ’n tent op Moreletapark se terrein vertoon en dit word deur gemiddeld 350 mense op ’n slag bygewoon.

Aan die einde van die byeenkomste is daar onder andere tien plakkers wat ’n evangelisasiekursus gedoen het, wat gereed is om geestelike gesprekke met die mense te voer.

Olivier het die organisasie Cross of Hope op die been gebring wat met verskeie kerke en ander organisasies in die omgewing hande vat in hul evangelisasiewerk.

Hy sê daar is reeds drie groepe plakkers by die Doxa Deo-kerk gedoop. Hulle skakel in by die bedieninge in die veld.

Hierdie is die eerste keer dat hulle by Moreletapark doop.

Daar word volgende naweek ’n doopkursus aangebied vir mense met wie hulle al ’n pad stap en hulle sal dan die volgende naweek gedoop word.

Ds. Elza Meyer van Moreletapark sê diegene wat gedoop word, word volledige lidmate van die NG gemeente Moreletapark. Hulle skakel reeds in by die Shining Light-dienste wat dié gemeente vir Afrika-taal-sprekers aanbied.

Neels Jackson - Beeld

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662