Aanneem is sonder omdraai

Aanneem2110
Hierdie is die ware lewensverhaal van 'n vrou en haar aangenome seun.

Sy het 20 jaar vir hom gewag en toe hy drie en 'n half jaar oud was het haar huwelik verbrokkel.

Sy het hom alleen grootgemaak, maar eers moes sy die trauma van haar egskeiding verwerk en toe word daar bepaal dat hierdie seuntjie 'n minimale breindisfunksie het.

Haar worsteling met haar eie probleem en die van haar seun s'n, kan ander ouers of 'n enkelouer met dlieselfde probleme moed gee om aan te hou met aanhou!

Die hulp, omgee en meelewing van mede gelowiges tydens ma se krisistye loop soos 'n goue draad deur die verhaal.

Sy het na haar egskeiding opgestaan en uitgereik na ander afvlerkkinders van die Here (soos sy dit stel). Sy het wonderlike werk in haar gemeente gedoen en in die sendingveld het sy saarn met haar seun in die okkultgekweldes se lewens 'n verskil gemaak.

Vandag kyk sy terug: "Die Here was vir my goed!"

As jy dalk graag 'n kopie van hierdie boek wil bekom kan jy vir Ina Fourie direk kontak by +27 83 458 5956 / +27 51 430 0830 of per e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

As jy dalk in Bloemfontein woonagtig is, kan jy dit ook by Bloempapier Trust op die rakke kry. Die koste daarvan beloop R 65.00

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662