Keuses beïnvloed jou lewe

KeusesDIE afgelope week het ek twee baie insiggewende artikels in Volksblad gelees wat oor seks by tieners en jong volwassenes handel.

Ek het besef die artikels belig iets van waardes, maar ook die keuses wat mense en veral jong mense moet uitoefen. Die volgende riglyne het ek besef kan ouers en jong volwassenes help om die regte keuses te maak.

Bou 'n vertrouensverhouding met jou kinders en motiveer hulle om openlik hul vrae met jou te deel. Dit beteken ook dat jy nie moet veroordeel en altyd voorskriftelik wees nie, maar elke kind se uniekheid en keuses probeer verstaan.

Leer jou kind om "nee" te kan sê. Respek is ook om standpunt te kan inneem al is jy partykeer stroom-op ter wille van goeie waardes.

Leer jou kind dat sy/haar liggaam spesiaal is en dat seks voor die huwelik nie noodwendig 'n gelukkige huwelik verseker nie.

Gelukkige verhoudings is gekoppel aan jou ingesteldheid, persoonlikheidsontwikkeling, 'n leerbare ingesteldheid, kennis van jouself, kommunikasie en suksesvolle konflikhantering.

Gesinswaardes speel 'n belangrike rol in die keuses van jong mense, veral by vriendskappe.

Skep geleenthede waar ouer en kind mekaar kan leer ken, soos wat die kind groter word. 'n Huisvergadering kan help om mekaar te hoor in die verskillende fases waarin die gesin hulself bevind.

Skep prettige geleenthede in jou gesin en vestig 'n paar basiese reëls waarby daar gehou word.

Keuses beïnvloed jou hele lewe. Aanvaar ook dat ek en jy nie al die antwoorde het nie, maar ons kan na mekaar luister. Onthou ook die bekende woorde: "Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is".

 

Stephan van Heerden - Klipkerk

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662