Christus, Hoof van die Kerk

hoof1112

'n Rukkie gelede het ek en my gesin in die berge gaan kamp. Nadat ons tent opgeslaan het en al ons goed ge­organiseer het, het ons gaan lê - gereed vir ‘n rustige nag in die natuur. Teen 2-uur die nag het ek wakker geword en asemha­ling en krapgeluide gehoor. Ek het omgedraai om te kyk of dit my vrou was, maar sy was rustig aan die slaap!

Ek het gou besef dat dit ‘n Swartbeer, op soek na kos, was. Terwyl ek doodstil gelê het met die beer se snoet wat deur die tent hier aan my sy gedruk het, het ons miniatuur-kolliehond begin grom! Ek het hom gegryp en sommer onder die kombers ingedruk net om hom te probeer stilkry. Die hond het gewoel om los te kom en ek het net lê en dink: “Buddy, jy wil beslis nie hê wat aan die anderkant van hierdie tent is nie!” Ek het na God uitgeroep en Hom gesmeek om my en my gesin te beskerm, want daar was regtig niks wat ek aan die situasie kon doen nie.

HET JY AL BUITE BEHEER GEVOEL?

Was jy al ooit op daardie plek waar jy omring was deur gevaar en jy geen idee gehad het wat om te doen nie? Het jy al só ‘buite beheer’ gevoel, magteloos om dinge te verander; al was daar ander wat op jou gereken het? Die Bose is juis op soek na die wat hy kan verslind en doodmaak. 1 Pet 5:8-9: “Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hom moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding.” Jy mag dalk voel daar is niks wat jy daaraan kan doen nie... maar dit is nie die waarheid nie!

MAGSENTRUM VAN GOD

Daar is beslis iets wat jy as deel van Sy Kerk kan doen om hoop te bring aan mense en om die Bose te beveg. Satan probeer ge­sinne vernietig en lewens ruïneer, maar God het alreeds die geveg gewen. Die Kerk is die episentrum van God se mag en Sy voertuig om mense te bevry. God se strategie is om, deur die Kerk, Sy krag vry te laat sodat mense vry kan kom van sonde en siektes om ‘n oorvloedige lewe te lei. Joh 10:10: “Die dief kom vir niks anders as om te steel, dood te maak en te vernietig nie. Ek het gekom dat jul­le lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê.”

KERK NIE ‘N SOSIALE KLUB NIE

Soos wat jy saam met God wandel, sal jy oor oplossings vir die wêreld se probleme beskik. Ons is nie ‘n sosiale klub of ‘n gemeenskapsorganisasie nie. Ons is nie net ‘n godsdienstige instelling nie. Ons is God se volk wat hier op aarde geplant is en deur ons kan God die wêreld om ons aanraak.

Ons is nie hier vir die gemeenskap of vir onsself nie... ons is hier vir God. Ons behoort aan Hom en ons is Sý liggaam. Jesus het ons ‘n baie intieme verhouding beloof: “As iemand My liefhet, sal hy My boodskap gehoorsaam uitvoer; en My Vader sal hom ook liefhê en ons sal na Hom toe kom en by Hom tuisgaan.” Joh 14:23.

IN LYN MET GOD

Wat gebeur as jy nie in lyn is met God of jou kerk volg Hom nie? Die Bybel vertel hierdie storie in Luk 9: 28 – 45 toe Jesus voorberei het om na die Kruis te gaan en op die berg verheerlik is. Op die spesifieke tydstip het Petrus en die ander dissipels geslaap en net wakker geword om Jesus saam met Elia en Moses te sien.

Sonder dat hy geweet het wat hy sê, het Petrus opgespring en voor­gestel dat hulle ‘n altaar op die plek bou om die geleentheid te herdenk. Sy reaksie het gewys dat hy die oom­blik wou geniet en ‘n tabernakel wou bou... wat hy en sy vriende gedink het ‘Jesus moes doen’, sonder dat hulle regtig verstaan het wat die Wil van God die Vader was (klink vir my nogal na baie hedendaagse Christene).

Die Vader het toe ingegryp en gesê: “Dit is My geliefde Seun, My Uitverkore Een. Luister na Hom!” Luk 9:35. Tussen Jesus, Moses en Elia het Petrus sowaar iets te sê!

VAS AAN DIE SLAAP!

Op pad van die berg af, het die res van die dissipels ‘n duiwelbesete seun na Jesus gebring omdat hulle nie in staat was om die duiwels uit te dryf nie; selfs al het Jesus hulle geleer hóé. So baie van ons kerke is vandag in dieselfde posisie. Waarom?

  1. Petrus was aan die slaap tydens die gebed. Hoeveel van ons stel nie ander dinge bo gebedstyd nie?
  2. Jesus het nie net gekom, sodat ons al die mooi dinge kan geniet en al die seëninge kan ontvang nie. Dit is nie ons nalatenskap nie – lewens wat verander en na God draai, is wel. Maar ek sien dieselfde toneel in so baie kerke... diegene wat die gebedsbyeenkoms misloop, het dikwels die grootste monde in die Kerk. Luister na Jesus as die Hoof van jou Kerk. Hy ken al die antwoorde. Bid en vra Hom. Hy weet hoe om die gemeenskap te bereik; Hy weet wat God se Wil vir ons is. Hoe dikwels sê ons nie vir Hom: “Here, dit is wat ons wil doen – seën dit asseblief,” nie? Die is beslis nie die regte manier nie. Spr 3:6: “Vra na die Wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.” Jer 3:33 sê ook: “Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou ongelooflike dinge vertel...”
  3. God sal jou dinge vertel wat jy nie weet nie. Die pa van die duiwelbesete kind het aangeneem dat Jesus se dissipels sou kon help, maar hulle was kragteloos. Jesus was ontstem hierdeur. Laat ek jou vra: As jy ‘n weerspannige seun gehad het, waarheen sou jy gaan? Na ‘n Kerk in ‘n pragtige gebou of na ‘n Kerk waar hy vrygemaak kan word? Die wêreld is op soek na die krag van God, sodat hulle kan vry kom.

DEMONSTREER DIE KRAG VAN GOD

Het Christene ‘n positiewe invloed op die gemeenskap? Demonstreer ons die krag van God? Stap ons die pad? Die Kerk is té besig met godsdienstige aktiwiteite. Ek het een keer na ‘n bekende hoenderrestaurant toe gegaan om kos te gaan koop, maar hulle het nie hoender gehad nie! Belaglik! Hulle het my koolslaai, tjips en kapokaartappel aangebied, maar ek wou hoender hê.

As iemand na die huis van God kom; dan moet hulle die teenwoordigheid van God aanvoel. Dit is tog nie onredelik nie. Pa’s en Ma’s, raak julle gebede die hemel? Kan julle in God se teenwoordigheid ingaan om julle kinders gesond te kry? Die plaaslike Kerk wat saamkom, is God se strategie om die wêreld aan te raak. 2 Kron 16:9a: “Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.”

HY IS HEER OOR ALLES

Jy wonder seker al teen die tyd wat het nou van die storie van die beer geword? Ek het sy snoet hier reg by my kop teen die tent sien druk en op daardie oomblik het hy te­ruggetree en aangestap en op ‘n ander plek na kos loop soek. Omdat ek kampervaring gehad het, het ek geweet hoe om my tent op te slaan – ons kos was verseël en die rommel was opgesluit in die bakkie.

Omdat ons kamp in orde was, het die beer aanbeweeg om ‘n kamp te vind wat nie in orde was nie. Hoe lyk jou kampeerplek? Is jy die een wat die satan gaan verskeur? Het jy toegelaat dat sonde en boosheid jou lewe inkom? Ek moedig jou aan om jou lewe in orde te kry – leer om as gesin te bid en saam met Hom te wandel. Hoor jy Hom? Indien wel, wees onmiddellik gehoor­saam.

As jy Hom nie hoor nie, hoekom nie? Hy het jou lief en probeer naarstigtelik om jou te bereik. Jy kan Hom vandag hoor en jou hart terugdraai – dit is net ‘n gebed ver. Die Christenlewe is ‘n baie intieme verhouding met die Here. Hy wil jou hê... nie wat jy vir Hom kan doen nie. Moenie net in jouself belangstel nie!

Petrus wat soos ‘n dwaas voorgestel het dat daar ‘n tempel op die Berg van Verheerliking gebou moes word, het later die magtige Godsman geword omdat hy gekies het om te luister en gehoorsaam te wees. Hy het gekies om te bid en Jesus te vra om die Hoof van sy huisgesin en die Kerk te wees. Raak betrokke by ‘n plaaslike Kerk wat Christus en Sy Wil soek en word nederig! As Jesus nie die Here van alles is nie, is Hy Here van niks nie!

Bron : www.juig.co.za

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662