Christene behoort nie fees te vier, sê kerkleiers

PRETORIA. – Christene behoort nie fees te vier oor die dood van ’n ander mens nie – selfs al is dit Osama bin Laden.

Dié boodskap is gister van verskillende kante af die wêreld ingestuur nadat die nuus oor Bin Laden se dood gelei het tot feesvieringe buite die Wit Huis in Washington en in New York waar die aanvalle van 11 September 2001 plaasgevind het.

Die Wêreldraad van Kerke het twee Bybeltekste via Twitter uitgestuur. Spreuke 24:17 sê: “Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie.”

Esegiël 18:32 lui: “Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,’ sê die Here my God, maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”

By albei tekste het die Wêreldraad bygevoeg: “Bid vir vrede en geregtigheid.”

 

Vader Federico Lombardi, direkteur van die Vatikaan se mediakantoor, het gesê almal weet Bin Laden was verantwoordelik vir die bevordering van haat en geweld tussen mense. Hy het die dood van tallose onskuldige mense veroorsaak en godsdiens vir dié doel uitgebuit.

As iemand dood is, verheug Christene hulle egter nie daarin nie. Hulle dink na oor hul ernstige verantwoordelikheid voor God en mense en verbind hulself daartoe om nie by te dra tot meer haat en verdeeldheid nie, maar tot vrede.

Ook in Suid-Afrika het teoloë in die kuberruimte soortgelyke sentimente gedeel.

Ds. Reggie Nel, sendingwetenskaplike van Unisa, wat aan die gesprekke deelgeneem het, het by navraag gesê Christene moet ’n probleem hê met vieringe oor die dood van ’n mens.

Christene moet hulle beywer vir vrede met geregtigheid, en dit moenie deur weerwraak en bloedvergieting bereik word nie.

Hy het hom geskaar by die sober boodskap van die Vatikaan en gesê dit moet ’n mens verder neem as die siklus van geweld en weerwraak.

Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Christene-behoort-nie-fees-te-vier-se-kerkleiers-20110502

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662