Egskeiding: Is Daar 'n Christen-alternatief?

egskeiding0305As regspraktisyn het ek gemiddeld vier na vyf egskeidings maandeliks deur die hofstelsel ‘geprosesseer’. Dit het gewoonlik met soveel seerkry en bitterheid gepaard gegaan en dit was een deel van die regspraktyk wat my die meeste bekommer het omdat dit selde, indien ooit, enige probleem opgelos het. Dit was asof mense net eenvoudig een stel omstandighede vir ’n ander wat nog minder geskik was, verruil het.

Ons weet almal dat dit baie maklik is om deesdae in ons howe ’n egskeiding te verkry

Al wat jy nodig het om te doen, is om ’n verklaring by die hof in te dien dat jou huwelik onherstelbaar verbrokkel het en die hof sal dan die egskeidingsbevel toestaan. Jy behoort jouself egter af te vra: Het my huwelik in God se oë werklik verbrokkel? Mag die mens werklik skei dit wat God saamgevoeg het? Almal begin die huwelik met die idee dat hulle nooit gaan skei nie en hul maats gaan liefhê ‘tot die dood ons skei’.

Gebrokenheid

En tog eindig meer as die helfte van ons huwelike in die egskeidingshof. Mense verkies dit nog steeds om in ’n kerk te trou; selfs al is dit die enigste keer in hul lewens dat hulle voet binne ’n kerkgebou sit. Daar heers tog nog ‘n verstandhouding onder nie-Christene dat die huwelik deur God ingestel is en deur God geheilig behoort te word. Gedurende my tyd as egskeidingsregskundige het ek ontdek dat die mens (of ons howe) nie regtig kan skei wat God saamgevoeg het nie.

Die onderskeie partye bly verbind ten spyte van die bevel van die hof en hul bly in ’n lewenslange verbintenis. Die dinamika van die verhouding het egter verander en die intimiteit van die huwelik is geskend. Die verhouding word dikwels as iets wat klaag­lik misluk het in die harte en gemoedere van die betrokke partye en hul kinders gegraveer. Daar is ook dikwels ’n groot klomp onvergewensgesindheid en die kinders van hierdie huwelike dra hierdie gebrokenheid oor in hul lewens en eie verhoudings.

Soek opreg na God se wil

Ek wil een en elkeen wat egskeiding oorweeg, aanmoedig om ernstig na God se Wil vir jou lewe en die omstandighede waarin jy jou bevind, te soek. Niks is ooit by God onmoontlik nie. Die beste raad wat ek ooit ontvang het, was dat jy moet leer om te vergewe – nie net dit wat verkeerd geloop het in die verlede nie, maar ook dit wat in die toekoms gaan gebeur. Dit beteken dat jy jou maat vryspreek. Jy sal vind dat die hardheid wat in jou maat se hart teenoor jou mag wees, versag indien jy dit doen. Dit sal die begin wees van die restourasieproses in jou verhouding. Jy moet ook ’n doelbewuste besluit neem om nie die natuur­like instink te volg en ‘uit’ die huwelik te wil kom nie.

Besluit opnuut

Jy behoort ’n nuwe besluit te maak om jou huwelik te laat werk. Slegs indien hierdie besluit geneem word in die atmosfeer van ware vergifnis vir wat jou huweliksmaat ook al gedoen het, of selfs nog in die toekoms ook mag doen, kan God begin werk maak om wonderwerke te laat plaasvind. God sal dan ook begin om vir jou te wys waar jy moontlik verkeerd gedoen het, of Hy mag moontlik selfs in ander areas van jou lewe wat ’n probleem in julle verhouding was, inspreek.

Een stappie nader

Indien jy opnuut ’n besluit neem om die huwelik te laat werk, is jy reeds een stappie in die regte rigting en God sal dit eer. God sal jou help wanneer jy moontlike terugslae beleef of seer ervaar. Jy sal ook aan die einde van hierdie lang en stamperige pad vind dat jou huwelik moontlik goed herstel het en beter is as wat jy ooit kon dink. Jy mag ’n rykheid in jou verhouding ontdek wat jy nie geweet het bestaan nie en wat jy nie gedink het moontlik is nie.

Bron : Juig!

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662