Turynse Doodskleed dalk eg, sê navorsers

shroud2112DEN HAAG. – Die beeltenis op die sogenaamde Turynse Doodskleed, waarin die lyk van die gekruisigde Jesus volgens oorlewering gewikkel was, kon net deur ’n kort, intense uitbarsting van ultraviolet-straling veroorsaak gewees het.

Die kleed kan onmoontlik ’n Middeleeuse vervalsing wees, soos sommige sê. Dit kan moontlik eg wees.

Kort voor Kersfees is dít die versigtige bevinding van ’n groep Italiaanse wetenskaplikes ná jare se navorsing en eksperimente. Hulle werk by die Italiaanse nasionale agentskap vir nuwe tegnologieë, energie en volhoubare ekonomiese ontwikkeling.

In 1988 het ’n ander groep wetenskaplikes enkele rafels van die kleed aan koolstof-40-toetse onderwerp en bevind dat dit van tussen 1260 en 1390 dateer. Dié gevolgtrekking is daarna bevraagteken op grond daarvan dat die rafels deels afkomstig was van Middeleeuse herstelwerk aan die kleed ná ’n brand.

Die Italiaanse wetenskaplikes het jare lank probeer vasstel hoe die vae vlekke op die kleed, wat saam die beeltenis van ’n gekruisigde man weergee, ontstaan het. Hulle het vergeefs tegnologieë wat in die Middeleeue bekend was, probeer naboots.

Die enigste manier waarop hulle iets soortgelyks kon dupliseer, was deur mikrosekondes lange energie-uitstraling van hoë-intensiteit ultraviolet-lasers.

“Die resultate wys dat ’n kort en intense uitbarsting van gerigte ultraviolet-straling ’n linnedoek kan kleur op ’n manier wat baie van die sonderlinge eienskappe van die liggaamsbeeld op die Turynse Doodskleed reproduseer.” Hulle praat van “’n vorm van elektromagnetiese energie (soos ’n ligflits op ’n baie kort golflengte)”.

Luidens die verslag het dié tegnologie nie in die Middeleeue bestaan nie en dié “mate van krag kan nie gereproduseer word deur enige normale ultraviolet-bron wat tot dusver gebou is nie”.

Die leier van die span, dr. Paolo di Lazzaro, het luidens berigte in die Europese media gesê: “As wetenskaplikes kyk ons slegs na verifieerbare wetenskaplike prosesse. As ons gevolgtrekkings ’n filosofiese of teologiese debat uitlok, sal ons dié gevolgtrekkings aan die deskundiges oorlaat; aan elkeen se eie gewete.”

Prof. Luigi Garlaschelli, hoogleraar in chemie aan die Universiteit van Pavia, het aan The Independent gesê: “Die implikasie is...dat die beeltenis gevorm is deur ’n uitbarsting van ultraviolet-energie wat só intens is dat dit slegs bonatuurlik kan wees.”

- Volksblad

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662