Dominee verruil kansel vir troffel

DomineeDs. Jalize Uys preek nie net meer oor hande uitsteek nie.

Sy het van die preekstoel in die NG Kerk afgeklim en maak haar hande vuil met sement. “Nié bakstene nie,” beklemtoon sy.

“Ek sien lig vir ons land se onmoontlike behuisingswaglyste. Moladi, ons boumetode, pak ál die probleme: Hoë boukoste, lang tydsverloop voor die voltooiing van projekte, onbetroubare arbeid, swak gehalte.

“Min of meer veertien dae van fondament tot intrek, maar met sterker mure en ’n stabieler struktuur as met baksteenmure.”

Uys, wat die afgelope sewe jaar in die korporatiewe omgewing gewerk het, sê sy en haar maatskappy, Uneedo Construction, meen ’n oplossing vir ons huisnood ís moontlik.

“Ons gebruik plastiekbekisting, ’n soort gietvorm wat aangepas word volgens die ontwerp van ’n huis. Dié bekisting word bo-op ’n ‘vlot’-fondament opgerig en ’n liggewig-sementmengsel word daarin gepomp of met emmers gevul. As dit geset het, word die bekisting verwyder, en voilà: ’n huis!

“Die bekisting word weer vir die volgende huis gebruik – tot vyftig keer. Die huismure het dieselfde eienskappe as ’n baksteenmuur.”

Uys sê die ontwikkelaar van dié tegnologie is mnr. Hennie Botes van Port Elizabeth. Sy tegnologie, wat hy die Moladi-stelsel noem, het die SABS-toekenning Ontwerp vir Ontwikkeling ontvang en word deur banke gefinansier.

“Dis goed vir enige woonbuurt, nie net vir laekostebehuising nie.”

’n Huis van sowat 48 m² kos ongeveer R33 000.

Uys se ander doelwit met haar huisbouery is om volledige vroue-bouspanne op te lei. Sy sê die Uneedo-span is een van die eerste vroue-maatskappye in Suid-Afrika wat dié tegnologie toepas.

“Dis iets wat die res van Afrika reeds doen – Namibië, Ghana, Kenia, Soedan, Zambië en Ethiopië. Ons begin binnekort in Mosambiek bou.

“Dit steek my dwars in die krop dat armes met afskeepgehalte tevrede moet wees. Hulle is ontnugter hieroor. Hul woonplek hoef nie minderwaardig te wees nie.

Om die Here te dien, is ’n preekstoel nie nodig nie. Ek word nou net anders gebruik.”

Marlene Malan  - Rapport  

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662