60 000 mans ruk op

Dit het begin met 240 mans.
Verlede jaar was daar 7 000.
Dié naweek het 60 000 mans na die dorpie Greytown opgeruk
om te luister na die prediking van ’n aartappelboer.
En amper soos met die aartappeloes gebeur het in Faith
like Potatoes, dié boer, Angus Buchan se lewensverhaal, het die opkoms by die
Mighty Men-konferensie (MMC) op sy plaas, Shalom, alle verwagtinge oortref.
Teen Vrydag het die motors meer as 22 km tougestaan in die
grootste verkeersknoop tot nog toe in dié stil KwaZulu-Natalse dorpie. Party
mans het meer as ses uur gery aan die 80 km van Pietermaritzburg na die plaas.
Selfoontorings was oorlaai vanweë die sowat 35 000 van
hulle wat hul tente op Buchan se plase opgeslaan het.
Die konferensiegangers was van regoor die land en so ver
as Namibië,
In ’n stadium was daar kommer oor die dorp se brandstof- en kosvoorraad. In ’n SMS-ketting is gevra dat mense bid dat die verkeersknoop uitgestryk word.
Maar teen gistermiddag het die mans in hul massas die
grootste tent ter wêreld volgepak om te luister hoe Buchan preek.
En in die dorp het die voorraad gehou.
“Dit is soos die verhaal van Jesus wat die vis en die
brood uitgedeel het, met niks wat opraak nie,” het mnr. Bryan Pool van die
Greytown-apteek gesê.
Elke kampeerder het R100 betaal om die boere, wat spesiaal
vir die geleentheid grasperke op hul landerye geplant het, te vergoed.
Buchan se Shalom Ministries en ondernemings op die dorp
het gratis kos aan die konferensie-gangers verskaf. Buchan het 25 osse laat
slag en tot ’n bredie van agt ton verwerk. Daar was 17 500 brode en 70 000
worsrolletjies.
Buchan se boodskap is een van hoop. Hy het
konferensiegangers aangemoedig om moed te hou en in Suid-Afrika te bly.
“As almal in die land maar net so goed
“Die uitkoms is nie om te trek nie. Ek is gebore hier in
Afrika. Hier sal ek doodgaan,” het hy gepreek.
Gebed en geloof hou die sleutel tot die land se toekoms,
het hy gesê.
Mans, het Buchan gesê, moet weer die hoof van hul huise
word. En hulle moet hul vroue met respek behandel.
Mnr. Scott Brown, wat saam met twee vriende van Bulawayo
gereis het vir die konferensie, sê hulle het lank brandstof opgegaar om die tog
te kon meemaak.
“Ons moes net hier wees. Dinge in ons land gaan só sleg op
die oomblik. Ons glo daar is net een manier om dit weer reg te kry: om hier
saam met nog derduisende ander Christenmans vir hoop te kom bid.”
Mnr. Piet Strydom het op sy motorfiets van Kaapstad af
gery. “Kyk net al die mense. Dit is ’n teken dat mense swartgallig is. Hulle is
moedeloos oor misdaad en die politieke onsekerheid. Hier
Gerhard de Bruin & Marthinus van Vuuren – Rapport 20/04/2008
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us
















