Getuienis ná moord raak mense diep
Die geestelike gevolge wat die dood van die geliefde boer mnr. Jacques Moll sr. in die jongste plaasmoord in die Vrystaat gehad het, sal “sy tone laat krul van lekkerte”.
Só sê die vermoorde boer se jongste seun, mnr.
Xavier Moll, wat in die plaasaanval gyselaar gehou is en hardop tot Jesus gebid
het dat die aanvaller se geweer nie afgaan nie. Die aanvaller se geweer het toe
geweier.
Hy sê dit was ’n absolute Goddelike ervaring
wat hy gehad het waaroor hy nie
Moll sê dit was asof die hemel vir ’n oomblik
oopgegaan het toe hy in die stort gestaan het en die een aanvaller vir die
ander gesê het om hom te skiet.
“Ek staan in daai stort en ek weet my einde is
hier. Ek het die heeltyd kliphard in die naam van Jesus gebid.”
Hy sê die volgende oomblik het hy ’n helder
wit lig, “wat voel soos ’n infrarooi lig wat alles warm maak”, bokant hom
gesien en ’n Goddelike gevoel van vrede het oor hom gespoel. Dít is toe die
aanvallers omdraai en hom saam met die kinders in die huis agter- los.
“Ek kán net nie stilbly hieroor nie. Anders
sal my pa se dood niks beteken nie.”
Moll sê hy het sedert die tragiese dood van sy
pa deur sy getuienis ’n oplewing onder mense se geloof ervaar.
Hy sê sy getuienis het baie mense se lewe
geraak. Mense wat hom nie ken nie en die koerantberig gelees het, het hom gebel
en gesê hulle ken hom nie, maar hulle het hul harte vir die Here gegee.
Hy sê ’n vrou het na sy huis gekom en haar
hart in sy huis vir die Here gegee.
“Daai Moll-man se tone krul van lekkerte in
die hemel om dié dinge te sien gebeur.”
Mnr. Bierman Roodt van Edenville sê hy kon
Maandag nie sy oë glo toe hy die naam van Jesus op die voorblad van Volksblad
lees nie.
Hy sê die berig het hom so geraak dat hy na sy
kamer gegaan het om te gaan bid.
“Ek het geween voor die aangesig van die Here
en ek het vir die familie geween.
“Ek het hardop gebid dat die Here die familie
in dié moeilike tyd moet bystaan.”
Roodt sê sy hart was diep aangeraak.
Hy sê die onderwysers op die dorp het die
berig vir die kinders voorgelees.
Roodt sê die Moll-gesin se geloof het hom en
baie inwoners op die dorp aangeraak.
Mnr. Jacques Moll jr. sê deur sy broer se
getuienis belewe hulle ’n oplewing in mense se geloof wat wonderlik is.
Loraine Kalp - Volksblad
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us
















