Seuntjie uit die dood uit opgewek
Ons dien voorwaar 'n fantastiese God vir
wie niks onmoontlik is nie!!
Hierdie briefie is net om te vertel van die
wonderwerk wat ek beleef het, en aan God al die eer daarvoor te gee!
Die afgelope Woensdag, 9 April, het ek
beleef wat seker enige ma se grootste nagmerrie is - ek het ons seuntjie gekry
waar hy dryf op ons swembad. Potblou, starende oë, dood!!!!!! Ek het in die
swembad ingeklim en hom uitgehaal en net teen my vasgedruk en begin bid. Ek het
in die huis gaan sit en vir die meisiekinders gesê dat ons moet bid, en ons het
net gebid. Enkele minute daarna het my seuntjie 'n geluid gemaak en begin
asemhaal!!!! Daarna het hy stadig weer begin bykom. Ons het begin om lof- en
dankliedere te sing tot eer van ons God. 'n Skamele 15 minute
Toe ek die aand langs hom in die bed lê
waar hy rustig slaap, het ek vir die eerste keer daaraan gedink dat die normale
ding om te doen seker sou wees om die medic-alert panic button wat ek tot my
beskikking het, te druk.Of om CPR toe te pas. Maar ek het toe ook besef dat die
medic-alert ouens niks vir hom sou kon
doen nie. Hul sou net vir my gesê het, jammer mevrou, maar jou seuntjie is
reeds dood! Dit was net die Vader wat iets vir hom kon doen. Die wonderwerk wat
Jesus in Adriaan se liggaam gedoen het, is absoluut mind-boggling!! Hy het geen
water ooit opgebring of uitgespoeg, geroggel of gehoes nie. Hy het net weer
begin asemhaal, en al sy liggaamsfunksies was onmiddelik so normaal soos voorheen.Ek
het na die tyd eers besef hoe die Vader my kalm gemaak het, want ek het geen
oomblik enige angs ervaar, gehuil, geskree of enigiets nie. Ek het toe ook eers
besef dat die Vader absoluut net elke aksie van my oorgeneem en my NIKS laat
doen het nie, sodat al die eer Hom alleen toekom!!! Ons dien 'n lewende God wat
deur Jesus Christus vandag steeds dooies opwek!!! Halleluja!! Prys Sy Naam....
Daar's 'n liedjie wat op my kinders se Jan
de Wet CD is, wat die hele tyd in my kop maal sedert Woensdag. "Vertel dit
aan die wêreld, vertel dit aan die wêreld.Vertel dit aan die wêreld dat Jesus
Christus leef!!!!" Vertel hierdie getuienis van wat die Here vir ons
gedoen het en van die groot en ontsagwekkende God wat ons dien, asseblief aan
die hele wêreld.....
Mag julle ook ervaar hoe Jesus gebede
beantwoord in jul daaglikse lewe, en mag jul ook Sy wonderwerkende krag beleef!
Baie liefde en vrede...
Ester en kie.
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us
















