David Funzamo

Untitled Document

 001_David_FunzamoDavid Funzamo was betrokke by Projek OPRUIM / JESUS SAVES vir die afgelope twee jaar.  Ek en David het gisteroggend oor 'n koppie koffie gesels en ek is so opgewonde oor sy drome en planne.  David is in die proses om sy eie besigheid te begin met geld wat hy gespaar het van Projek OPRUIM / JESUS SAVES.

 Al wat op hierdie stadium in sy pad staan om dadelik aan die werk te spring is R 3000 vir die aankoop van sand.

Hier is sy storie...

Respekteer geld, al is dit net ‘n bietjie geld…

David het ‘n groot glimlag op sy gesig en lewendige oë vol planne en drome. Hy is in die proses om sy eie klein besigheid te begin en sy droom is stadig maar seker besig om ‘n realiteit te word. Hy het twee slagspreuke in die lewe: ‘Werk hard en spaar hard’ en ‘Respekteer geld, al is dit net ‘n bietjie geld.’

David Funzamo moes nadat hy Standerd 6 (Graad 8) geslaag het uitspring en gaan werk. Op daardie stadium het hy in Mosambiek gewoon en het werk gekry in ‘n fabriek wat sementstene maak. In 1983 het hy na Suid-Afrika gekom om beter werksmoontlikhede te ondersoek. In 1989 was David in ‘n taxi ongeluk. Dertien van die insittendes van die taxi het gesterf. “Ek is gelukkig om te leef. Ek was vir amper twee jaar in die hospitaal en niemand het gedink dat ek weer sal loop nie, maar hier is ek en ek loop. Ek loop dalk ‘n bietjie mank, maar ek loop.” Ongelukkig wou niemand vir David weens sy gebrek in diens neem nie en hy moes uitspring om vrugte langs die pad te verkoop om te oorleef. Op ‘n dag het David besluit om die wrede Johannesburg agter te laat estraatwerkn na Kaapstad te kom. Hy het nie familie of vriende daar gehad nie en hy moes vir tien dae onder ‘n brug slaap en rondskarrel vir kos. David het die werkers van Projek OPRUIM / JESUS SAVES op die Parade sien werk en het hulle begin uitvra. Hulle het hom genooi om ook by die projek aan te sluit. “JESUS SAVES het my bemagtig om te lewe, om te betaal vir ‘n blyplek, om geld huis toe te stuur na my vrou en kinders. Hulle het nie omgegee dat ek moeilik loop nie, hulle het my respekteer as David.”

David se harde werk was die moeite werd. Met geld wat hy die afgelope twee jaar gespaar het, het hy sement, grawe, kruiwaens en ‘n tuinslang gekoop. Hy huur ook ‘n perseel waar hy wil begin om sementstene te maak. Die laaste struikelblok wat in sy pad staan om hierdie droom te verwesenlik is die aankoop van vragte sand.

“My lojaliteit lê by JESUS SAVES. Ek wil baie graag vier mense van JESUS SAVES leer hoe om sementstene te maak sodat hulle ook hulle lewens in orde kan kry.”

Projek OPRUIM / JESUS SAVES is nie ‘werkskepping’ vir werklose persone nie, maar die rehabilitering van persone wat nog nie kwalifiseer of in staat is om produktief en verantwoordelik op te tree nie. Projek OPRUIM / JESUS SAVES help desperate persone (meestal hawelose mense wat op die straat leef) om ‘kontant in die hand’ te verdien deur harde werk, as ’n alternatief vir aggressiewe bedelary, diefstal en ander misdaad.
Lisa Truter (072 390 7437 / (021) 930 8055)
www.straatwerk.org.za

002_stoor  003_Trotse_David

004_materiaal  005_Hendersonhuis

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662