Hendrik Nel beleef die teenwoordigheid van God

AngelDie Here het my vandag uit 'n situasie gehelp, waar ek as mens, sonder Sy hulp, definitief nie sou oorleef het nie. Ek besef na vandag se gebeure, dat my taak op aarde nog nie voltooi is nie en dat God 'n plan het met my lewe. Op hierdie oomblik weet ek nog nie wat die plan is nie, maar ek is oortuig daarvan dat ek ook dit binnekort  sal weet.

Wat het met my gebeur?

Ek het ongeveer 9 uur vanoggend, terwyl ek eintlik in die Kerk moes wees, maar "te moeg" was omdat ek gister Pretoria toe en terug moes ry, my waterpomp gaan aanskakel.

Toe ek die krag aanskakel het 'n elektriese stroom my onmiddelik na die vloer, wat van growwe beton gemaak is, geruk. Die kragbron is 380 Volt. Ek het op my rug gelê en gespartel om weg te kom van die elektrisiteit wat deur my liggaam vloei, maar kon nie. Ek het onthou dat ek my hande moet oophou sodat ek nie 'n geleier vasgryp nie. Omdat die pomp aan'n tydmeganisme gekoppel is wat op 10 minute gestel was, het ek later besef dat as ek vir 10 minute kan uithou, die elektrisiteit self sal afgaan. Ek het baie tyd gehad om te dink maar kon myself nie bevry nie. Een van die dinge waaraan ek gedink het, was dat ek nie gereed is om dood te gaan nie, omdat ek nog baie moet doen voor my drie kinders groot is. Ek het nietemin in elk geval aanhoudend gespartel om weg te kom. In die begin het dit gevoel of ek die elektrisiteit sal kan hanteer, maar later kon ek nie meer uithou nie en moes ek my bewussyn vir 'n kort tydperk verloor het.

Wat nou met nabetragting vreemd is, is dat ek bewus was dat ek my bewussyn verloor het, dat dit donker voor my geword het en 'n salige rustige gevoel sonder die elektriese skokke oor my neergedaal het.

Meteens het ek weer die ondraaglike skokke ervaar en (ek dink) my oë oopgemaak. Skielik het ek besef dat ek die Here moet aanroep en geskree:"Here, Here kom help (of red- ek is nie seker nie) my"

Vir nog enkele oomblikke het ek die skokke ervaar en toe het die wonderlikste gebeuternis van my hele bestaan plaasgevind. 'n Skaduwee het oor my gekom en 'n gestalte of wese het reg voor my gestaan. Ek kon nie 'n gesig sien nie maar het die vorm van 'n mens met 'n swaar jas(mantel) gesien. Die kleur van die jas was dof-groen. Ek het ook op daardie oomblik 'n ervaring van gelukkig-tevrede gevoel. Die volgende oomblik, sonder dat ek opgestaan het, het ek myself op my bene ongeveer 3 meter weg van die kragbron bevind en besef dat ek bevry was. Die wese was nie meer daar nie. Die krag was nogsteeds aangeskakel. My mond was vol bloed en ek het dit uitgespuug. Ek het onmiddelik geweet dat my redding die werk van die Here is en Hom daarvoor bedank. Ek het ook die gevoel gekry dat ek nie nou sal sterf nie, maar die Here nogtans gevra om my te help loop tot by die huis omdat ek baie swak was (ongeveer 100m vër) Ek kan onthou dat ek wel huis toe gestap het waarna my vrou my hospitaal toe geneem het.

Afgesien daarvan dat ek mediese hulp nodig het en fisies uitgeput is ,voel ek emosioneel opgewonde oor die gebeure van vandag en het onmiddelik my ervaring met almal wat ek teëgekom, gedeel. Dit voel soos 'n wonderlike voorreg wat ek ervaar het.

Met nabetragting kan ek nie sê of dit God, 'n engel, 'n gerib of wat ookal was wat my gered het nie. Ek het ook nie hande of arms gesien of ervaar dat ek opgetel was en op my bene geplaas is nie. Dit maak ook nie aan my saak nie want ek weet dit was die werk van God. Wat die grootte van die wese was, het ek ook nou mooi oordink. Die mantel was tot op die grond, met deursnee van ongeveer 2 meter heel onder. Ek het geen ledemate gesien nie. Die mantel het soos in die geval van 'n mens nouer geword na bo. Ek het onder die dak gelê en die wese moes buite reg teen(voor) die dak wat 3 meter hoog was, gestaan het. Omdat ek nie die boonste gedeelte gesien het nie aanvaar ek dat die wese heelwat langer as 3 meter was, miskien 4 meter.

hendrikgetuienisNadat ek 'n aantal ure in die hospitaal was het ek besluit om die gebeure op papier vas te lê. Ek het gedink dat ek papier, pen en Bybel vir een van die hospitaal personeellede sou vra. Nog voor ek kon vra, het suster Sarie Nortje ingestap met 'n pen, papier en 'n Bybel. Ek het haar gevra hoe het sy geweet ek wil dit hê. Sy het geantwoord dat sy dit maar net geweet het. My vraag is nou: "Is dit die tweede ingryping van God vir vandag ?"

Hierna het ek die Bybel oopgemaak en sonder dat ek na iets spesifiek geblaai of gesoek het, het ek die volgende woorde gelees:"Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar,voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy nie die koningkryk van God sien nie" Johannes 3:3.- Is dit 'n derde ingryping van God in my lewe?

Ek sou in die verlede die tipe gebeure as toevallig beskou het, maar besef nou dat ek as sondaar nooit daaraan gedink het dat talle gebeure in my lewe direk gekoppel was aan die ingryping van God nie.

Ek skryf nie my ondervinding van vandag neer omdat ek myself  belangrik ag nie, -nee juis nie. Ek wil hê dat almal wat dit lees en ook soos ek, soms in my geloof twyfel, sal besef dat die Here se dade elke dag by en rondom ons gesien kan word. Ons moet net ons oë oopmaak en kyk . As ons dit doen sal ons ook nie meer twyfel aan ons Skepper se bestaan en Sy dade nie.  Ons sal ook nie meer twyfel as ons bid nie.

Leer asseblief uit my ondervinding. Die Here is Groot, Hy is Goed, Hy is ons Skepper, Hy besluit oor ons lot, Hy luister,  Hy gee vir ons baie kanse om Hom beter te dien, Hy doen tasbare dade. Leef vir Hom, Loof  Hom en gee genoeg aandag aan Hom. Jy het Hom elke oomblik van jou aardse bestaan nodig. Ken Hom in al jou besluite.

Hendrik Nel
Tel: 014 7634096
6 Maart 2008

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662