Rugbyspeler kan weer loop ná gebed

BETHLEHEM. - Nadat hy 'n ernstige rugbesering in 'n rugbywedstryd opgedoen het, kon Ruan Joubert (18) nie sy bene voel of loop nie. Maar volgens hom is hy danksy die krag van gebed nou weer op die been.

Volksblad het gister met dié leerling van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem gesels.

Nadat sy ma en 'n inwoner van Bethlehem vir hom gebid het, kon Ruan weer loop.

Witteberg het Saterdag teen die Goudveld-Hoërskool van Welkom op Bethlehem kragte gemeet.

Ruan het as binnesenter en onderkaptein vir sy skool se eerste rugbyspan uitgedraf.

Aan die einde van die eerste helfte was hy sterk op pad doellyn toe.

rugby1505Net toe hy wou duik om die drie te plant, is hy "teruggeduik".

Ruan het 'n "klap" in sy rug gevoel en dit was baie seer.

Toe hy in die ambulans gelaai is, kon hy nie meer sy bene beweeg of sy rugbystewels aan sy voete voel nie.

Hy is deur ER24-nooddienste na die Hoogland-Medi-Clinic op Bethlehem gehaas.

Sondagoggend kon hy steeds nie sy bene voel nie. Mense moes hom ook help loop.

Ruan was baie ontevrede, want hy wil bitter graag op 6 Junie vir sy skool rugby speel wanneer Witteberg en die Hoërskool Voortrekker, ook op Bethlehem, mekaar pak.

"Dit is 'n belewenis vir 'n matriekrugbyspeler."

Sy ma, Toetie, en mev. Helene Deyzel van Bethlehem, het toe Sondag sy hande vasgehou en vir hom gebid.

Nie lank daarna nie het sy rug begin pyn en sy bene het saamgetrek. Toe kon hy sy bene weer self beweeg en het hy geloop om water te gaan drink. "Ek moet dankie sê vir die Here," sê hy.

Hy loop steeds op sy eie en ondergaan intensiewe fisioterapie. Ruan sê sy rug is nog styf en in spasma.

Vicus Bürger - Volksblad

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662