God se beskerming tydens 'n motorbotsing

getuienis01Ek wil graag getuig van 'n groot wonderwerk wat God in my lewe laat gebeur het. Ek was op die 23ste Maart 2009 in 'n groot motorongeluk betrokke. Dit het vir my en almal rondom my baie geruk. Dit is 'n wonderwerk en genade van God dat ek die ongeluk oorleef het om hierdie getuienis te kan skryf. Alle eer hierin kom alleen toe aan God.

Op Sondagaand (22 Maart) is die passiespele in ons kerk aangebied. Ek wou dit baie graag bywoon en het toe spesiaal huis toe gekom die dag om my pa te ondersteun wat die rol van Jesus vertolk het. Daardie aand was pragtig. Nooit het ek gedink dat die woorde van Jesus by die klip: "laat hierdie lydensbeker by my verby gaan" ook die volgende oggend in 'n sekere sin op my pa en ons gesin van toepassing sou wees. Die dag van die tragiese ongeluk was ook die dag van my Ma (Annamarie) se begrafnis in 2000.

Die Sondagnag kon ek nie goed slaap nie. Ek het lank gelê en wonder hoe die Maandag gaan verloop omdat daar soveel goed was wat ek moes doen die dag. Terwyl ek aan al dié goed dink, kom die gedagte by my op. Wat as ek sou sterf. Dadelik het ek opgestaan en vir myself gesê: "Ek sal nie sterf nie, want ek eer my pa en ma!"...... Dit was vir my op daardie oomblik vreemd min wetende dat dit 'n invloed sou hê op die ongeluk. Vandag besef ek dat woorde baie kragtig is - veral God se woord! Ons moet daagliks die woord as swaard optel en daarmee veg. Die volgende oggend baie vroeg het my broer (Herman) het my gaan aflaai vir my saamry geleentheid na Potchefstroom to saam met Rika en haar 3 jarige dogterjie Abi. (Rika Thomson het by die Potch Universitiet gewerk Lizmari het haar eers die oggend ontmoet.)

Ek en Rika het die hele pad so lekker gesels oor verskeie dinge, onder andere ook oor haar toekoms. Maar die tragiese ongeluk wat haar en haar kind se lewe geneem het, het ongeveer 30 minute later gebeur ongeveer 20 kilometer vanaf Potch..

getuienis02Die ongeluk was regtig nie 'n lekker belewenis nie. Maar dit was dit asof Jesus my vasgehou het tydens die botsing met die groot vragmotor, sodat ek niks kan sien, hoor of voel nie. Ek was vir 'n oomblik van niks bewus nie. Toe ek bewus word dat iets gebeur het, was ek reeds besig om my sitplekgordel los te maak want die motor het begin brand. Daar was genadiglik twee mans dadelik op die ongeluks toneel wat my na die veiligheid van 'n bakkie gehelp het. Daar het ek eers besef dat daar 'n ongeluk was toe ek bloed op hoes en my seer hande voel. Ek het dadelik begin bid, dat as daar iets binne in my fout was dat die Here my net sal heelmaak. Ek het in die ambulans vir die 3de keer gevra "is Rika en Abi OK"? Hulle het egter al die eerste keer, toe ek gevra het, vir my nee gesê. Toe ek besef dat hulle dood is het ek verskriklik begin huil. Maar wat my getroos het was toe die nooddiens vrou gesê het: "Nee nee nee, jy gaan nie nou huil nie, elke mens het sy bepaalde tyd op die aarde, en as die Here jou naam roep, kom haal Hy jou, maak nie saak waar jy is nie. Hy het hulle naam geroep, want dit was hulle tyd, maar Hy het nie jou naam geroep nie, want jy het nog werk om op die aarde vir Hom te doen!". Dit het my geweldig getref en toe baie rustig laat voel. Terwyl hulle in die hospitaal, x-strale neem, het die dokter heeltyd vir my gesê: "Daar is niks gebreek nie skat, jy is so gelukkig!" Toe besef ek net: "God.. You are my healer!" Al beserings wat ek opgedoen het, was 'n sny teen my kop en sagteweefsel beserings in my regter hand en voet. Dit was slegs genade en 'n wonderwerk.

getuienis03Nog 'n wonder van die ongeluk is dat behalwe dat ekself betyds uitgekom het, die rugsak waarin my Bybel was het ook heel uitgekom. Ek weet nie waar die rugsak in die kar gesit was nie en ook nie hoe dit uit die kar gekom het nie, maar die volgende woorde het later by my opgekom: "Die Hemel en die aarde sal vergaan maar My woorde nooit!" Matt. 24:35.

Ek wil net elkeen wat hierdie getuienis lees, aanmoedig en sê: "God LEEF!!. So gehoorsaam Sy woord en Getuig van Hom en verkondig SY Liefde...Straal dit uit.doen dit en dit sal goed gaan met jou...Psalm 119....die lewe is kort!"

Ek wil net sê dat ek in twee geskeur is deur die verskriklike hartseer in my oor die afsterwe van Rika en Abi en my dankbaarheid dat ek leef. God is in beheer en Hy weet beter. Ek bring hulde aan Rika en Abi, en vra dat julle asb vir haar man, ma en sussies sal bid!

Lizmari van der Merwe

Dankie aan Hester Du Raan wat hierdie met ons gedeel het (18/09/2009)

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662