'n Vrou se gebed en dokters staan verbaas.

accident2606'n Verpleeg Suster, van Pretoria Oos Hospitaal het verlede week een  oggend net na nagskof naby die hospitaal gesien hoe 'n ongeluk tussen 'n motorfietsryer en 'n motor gebeur, die jongman van die motorfiets was enkele meters deur die lug meegesleur en het toe op die  randsteen te lande gekom. Hy het op sy nier geval. Sy het uitgespring en probeer om hom te help. Sy het 911 gebel. Die dame in die motor het uitgespring en vir hom begin bid. Haar presiese woorde was: Lord Jesus, if this child is bleeding, internally, heal him now, in Jesus name, heal him now!"  Sy het bietjie geïrriteerd gevoel met die dame wat aanhou bid, die jong man wat opbring maar niks gesê nie! Die hospitaal gebel en gevra waar is die ambulans!  Die ambulans het opgedaag en hom na ongevalle geneem.

Toe hy 'n bietjie later opgeneem is in die hospitaal en hulle 'n scan op hom gedoen het, kom hulle agter dat die hoof slagaar uit sy nier geruk is!  Niemand kan verstaan dat die jong man nie dood gebloei is nie!

Medies gesproke moes hy hom dadelik dood gebloei het! Al gevolgtrekking wat daar is, is toe die dame vir hom begin bid het, het sy nier in spasma gegaan en die are is toegedruk as gevolg van die spasma! En die bloeding kon nie plaasvind nie!

Die jongman het nou wel sy nier verloor, maar sterk goed aan in die hospitaal!  Die belangrike les in die verhaal is, omdat die een enkele gelowige vir hom op die toneel gebid het, het God die wonderwerk laat plaasvind. Die bloeding is gestop! Die jongman se lewe is gered!

Dokters is verstom! Verpleegpersoneel en dokters wat toe die verhaal gehoor het, is diep aangeraak en almal se geloof is sommer weer versterk!

Ingestuur deur Louis van Niekerk

Mei 2009

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662