Ek het 'n nuwe lewe gekry

KIMBERLEY. - Hy het 'n nuwe lewe gekry waarvoor hy die Here loof. Hy gee aan Hom alle eer vir sy wonderbaarlike herstel.

So gesels mnr. Hennie Coetzer (42), 'n bekende sakeman van die stad, nadat hy op 16 Junie in 'n fratsongeluk deur skrapnel van 'n koeël van 'n jaggeweer getref is toe hy en 'n goeie vriend gaan jag het.

Hy en 'n goeie vriend het op hul familieplaas sowat 50 km op die Boshof-Rietpan-pad gaan jag. Hennie het voor in die bakkie gesit.

getuienisDie vriend het op die dak van die bakkie aangelê om te skiet.

Die koeël het toe deur die dak van die bakkie gegaan en die skrapnel het Hennie in sy skedel getref.

Hy is dieselfde aand geopereer om die skrapnel uit sy skedel te verwyder. Hy is onder verdowing gehou en was in 'n kritieke toestand.

'n Gebedsaksie is vir hom begin.

Coetzer, wat reeds uit die hospitaal ontslaan is, en sy broer, Dougie, bedryf sedert 1987 Kimberley Woonwaens en NC Audio in die stad.

Hy het gister gesê hy herstel nou by die huis. Alles gaan goed en hy het geen rehabilitasie nodig nie.

"Ek het vandag 'n bietjie begin werk. Ek begin stadig die toue optel. Ek begin binnekort oefen en moet nou net rustig, kalm en geduldig wees."

Hy het gesê sy sig is nog beperk. Hy het halwe tonnelvisie en lees moeilik, maar alles gaan met die tyd herstel. Sy geheue is ook reg.

Daar is ook begin om sy medikasie minder te maak.

Hy kan nog nie self bestuur nie.

Hy het 'n nuwe lewe gekry en sien uit na die toekoms. Sy totale herstel sal tussen 6 en 18 maande duur.

Sy herstel is vir hom ongelooflik en hy wil die Here hiervoor loof en vir almal baie dankie vir hul ondersteuning sê.

Ondersteuning het van die hele Noord-Kaapse gemeenskap gekom. Dit was vir hom 'n ervaring van 'n leeftyd. Hy het nou besef hoeveel wonderlike en goeie mense daar in die Noord-Kaap is.

In sulke tye sien 'n mens wie is jou werklike vriende en hy het al sy vingers hiervoor nodig, maar sal ook sy skoene vir sy tone moet uittrek om hulle almal te tel - en hy sal nog ander mense se hande en voete ook moet leen hiervoor. Dit verskil van die uitdrukking dat 'n mens jou vriende op een hand kan tel. Hy sê hy is nie jammer oor wat gebeur het nie. Hy is bly oor waar hy nou is.

Hannatjie van der Merwe - Volksblad - Jul 15 2009

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662