Buchan voorspel, toe reën dit
Maar dit het die evangelis Angus Buchan nie gekeer om verlede Saterdag in die Danie Kuys-stadion te voorspel dat die dorp danksy 'n bonatuurlike ingryping reën gaan sien nie. En na verneem word, het niemand in die Kalahari gekla nie toe 'n ligte reënbui Maandag daar uitgesak het.
"Reën nou is goed vir die veeboere en dis nog vroeg genoeg dat die wynboere nie sal kla nie," sê 'n inwoner, mnr. Jeremy Swart.
Upington gons glo soos selde tevore. Pastoors vertel hulle moes Sondag ekstra stoele by hul kerke indra. En in die plaaslike Pick n Pay, waarvan Swart die eienaar is, klets mense in die gangetjies en in die toue oor min anders as Buchan.
"Jy kan sien die ou het die mense aangeraak."
Ongeveer 7 500 mense het Saterdag na Buchan geluister.
Past. Dekker Stadler van die plaaslike Volle Evangelie Kerk vertel sy kerk bars uit sy nate sedert Buchan se besoek. En dis nie asof hy lidmate by die ander kerke afrokkel nie - die AGS is net so vol.
"Dit is die grootste geestelike gebeurtenis nog ooit hier."
Volgens inwoners steek dit ook nie in elke prediker se broek om Upington in beroering te kry nie. Die beroemde Duitse evangelis Reinhard Bonnke het die dorp 'n rukkie gelede besoek, maar het ná die tyd glo verklaar die dorp is te droog vir hom - nie net klimaatsgewys nie, maar ook geestelik.
Buchan, daarenteen, is ekstaties. Hy het sy preek verlede Saterdag begin met die voorspelling dat reën op sy besoek gaan volg. Teen Sondag was daar wolke en teen Maandag was die reën daar - effens ylerig oor Upington, maar sterker in Kakamas se rigting.
"Dis 'n woestyn, maar binne 24 uur ná ons veldtog het Jesus sy pragtige reën oor Upington laat uitsak," borrel Buchan.
"Ek wonder wat al die nuwe bekeerlinge gedink het toe die reën begin val? Hoe goed is God nie!"
Johannes de Villiers - Rapport
| < Prev | Next > |
|---|
Home
Oor ons bediening
Articles and Stories
Johann's Blog
Discipleship
Interesting Facts
Photo articles
View Index
Inspirational
Devotionals
Inspirational Images
SMS Wording
Humor
Humor and Cartoons
Multimedia
Books
Contact Us
















