Boere haal kankerlyer se oes van die land af

Oom Angus Buchan het aan hom gesê die Here gaan sy kankerdiagnose gebruik om sy gemeenskap bymekaar te bring. En só het dit ook gebeur...

Image245Mnr. Jurianne Schreuder (38), Buchan se seremoniemeester, het Woensdag aan Rapport vertel hoe 19 medeboere sy oes van die land kom haal het nadat 'n kankergewas hom platgetrek het.

Schreuder, 'n aartappel- en koringboer van die plaas Theefontein, moes sowat twee maande gelede 'n operasie ondergaan waarin twee gewasse - waarvan een kanker was - uit sy bobeen verwyder is. Hy moes daarna 33 bestralings kry.

"Dit was 'n geweldige uitdaging vir my omdat die gewas in my boud was. Ek het baie met myself geworstel oor wat ek sou doen."

Die volgende oomblik het sy vriend Jaco Slabbert gesê hulle wil 'n oesdag reël en dat boere in die omgewing bereid is om te help.

En verlede Saterdag het 19 boere by Theefontein aangekom met hul trekkers vol diesel - gereed om te oes.

Volgens Schreuder het die boere op een dag 300 ha en 1 000 t koring geoes.

"Dit was vir my 'n bonatuurlike gevoel om te weet soveel mense gee vir my om," sê Schreuder.

"Baie mense dink ons staan alleen in tye van nood, maar ek het die naweek ervaar hoe mense werklik omgee. Ek het later begin skuldig voel dat mense my kom help het."

Hy sê die boere het in een dag gedoen wat hom langer as 'n week sou geneem het en het nie 'n sent gevra nie. Een boer het al vyf sy trekkers gebring - as Schreuder hom vir sy arbeid en diesel moes betaal het, sou dit R40 000 beloop het.

Slabbert het gesê hy sal dit enige tyd weer vir Schreuder doen. Die twee mans ken mekaar sedert hulle in doeke was.

"Die boere het dit uit hul harte uit gedoen omdat Jurianne altyd tyd het vir sy medemens."

Buchan het gesê dit is 'n fantastiese herlewing en bewys dat die Here deur mense werk. "Toe ek hoor wat gebeur het, het dit my diep geraak."

Carryn-Ann Nel - Rapport (foto : Rapport)

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662