Deur Sy genade leef ons seun nog

volksbladWELKOM. - "Al die eer en lof kom die Here toe, want dit is net deur Sy genade dat ons seun nog leef. Ons kan sien hoe almal se gebede werk en hy by die dag sterker word."

Só het mnr. Lafras Fritz (sr.) gister by die Bloemfontein-Medi-Clinic gesê waar hy en sy vrou, Chantelle, by hul seun, Lafras (15), waak.

Lafras (jr.), jong motorfietsryer van Welkom, het Maandag in 'n motorfietsren op die Phakisa-renbaan buite die stad geval en is deur 'n ander renjaer getref toe hy opstaan.

Fritz sê sy seun is steeds onder verdowing en aan hart- en longmasjiene gekoppel.

Sy toestand is kritiek maar stabiel. Hy kan hulle beslis hoor en reageer deur sy kop te knik of te skud as hulle met hom praat.

"Ons wil aan almal wat ons ondersteun en vir hom bid, baie, baie dankie sê. Hy word al hoe sterker en ons weet dat dit net deur God se genade en almal se gebede moontlik is."

Hy sê die noodsaaklikste operasies is op Lafras uitgevoer, onder meer om sy aorta en van sy ingewande wat geskeur is te heg. Daar lê egter nog talle operasies voor as hy sterk genoeg daarvoor is.

Hy is Maandagaand per lugambulans van Welkom na die Bloemfontein-Medi-Clinic gevlieg nadat dr. André Loubser, trauma-spesialis, hom in Welkom genoegsaam gestabiliseer het om hom na Bloemfontein te kon oorplaas.

Lafras, wat verlede jaar hoofseun aan die Laerskool Naudéville in Welkom was, se aorta en ander ingewande is geskeur, sy hart en een long is beseer, hy het kopbeserings, asook verskeie beenbreuke soos sy arm, een been en bekken.

Intussen is verskeie gebedsgroepe vir dié gewilde seun en veelsydige sportman begin. Een van die gebedsgroepe is op Facebook waar familievriende gereeld nuwe inligting oor hom plaas en vra dat vir hom gebid word.

Volgens een van die inskrywings kan God gedank word dat Lafras die vlug na Bloemfontein oorleef het, omdat dit 'n groot bron tot kommer vir sy dokter was.

Lafras is vanjaar 'n gr. 8-leerling aan die Goudveld-Hoërskool in Welkom.

- Volksblad

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662