God het ingegryp, sê boer

2012-01-28 093135Foto : Marlene JordaanKROONSTAD. – Toe een van sy aanvallers hom met ’n kettie en tweeduim-ysterghoen skiet, en sy baadjie hom beskerm, het die aanvaller vir hom gesê: “Sien jy, die Modimo (God) keer vir my.”

Was dit nie vir God se ingryping op die dag wat hy en sy vrou op hul plaas by Koppies aangeval is nie, het hy nie vandag geleef nie.

Só het mnr. Louis Boshoff (66) gister buite die hof aan Volksblad gesê nadat die mans wat hom en sy vrou, Elsabé (59), in 2009 op hul plaas Viljoenslaagte aangeval en hom met ’n .38-rewolwer in die rug geskiet het, skuld beken het en tronk toe gestuur is.

“Ek het geen vrees gehad nie. Dit het van Bo gekom,” vertel hy.

Sy milt en die helfte van sy pankreas moes ná die aanval verwyder word.

Die mediese uitgawes beloop al R600000.

Die aanvallers het Bella, sy Duitse pointer-hond, ook met die kettie en ghoen geskiet. Sy het dit oorleef, maar is maande later op die plaas vergiftig.

Hy glo God het ’n paar wonderwerke laat gebeur daardie dag. Eerstens het sy buurman nie dadelik geantwoord toe hy hom gebel het nie.

“Hy het sy vuurwapen by hom gehad en ’n mens weet nie wat sou gebeur het as hy gewapen daar aangekom het nie.

“Toe die aanvaller die skoot afvuur, het ek nét op die trappie geklim.

“Hy skiet my toe tussen die ribbes deur die milt en voor uit,” vertel hy.

Sy buurman was net drie minute se ry van die plaas af en was blitsig daar om te help.

Haar man het self na die buurman se bakkie toe gekruip. Hy het nog ’n lap vir die sitplek gesoek omdat hy dit nie wou vuilsmeer met bloed nie, vertel mev. Boshoff.

Op pad hospitaal toe het hy genavigeer en die noodflikkerligte aangesit, vertel sy.

Toe hy later sy baadjie uittrek, het die koeël op die grond geval.

Hy het ook eers vir die dokters gebid voordat hulle hom geopereer het.

Hy vertel hoe, terwyl hy in die teater was, hy afgekyk het op die groen hoedjies van die dokters, die groot teaterligte en sy eie liggaam.

“God het dit vir my bevestig toe die narkotiseur my later besoek het en vir my gesê het my bloeddruk was in ’n stadium tydens die operasie 28/10 en dat ek dood moes gewees het.”

Hy was vir 40 dae en 40 nagte in die hospitaal.

Marlene Jordaan - Volksblad

Search this website

CUM Books (Latest)

Die standvastige vrou

standvastigPriscilla Shirer daag met Die standvastige vrou alle vroue uit om God se roeping vir hulle lewe doelbewus uit te leef. Die 13 voornemens stel vroue in staat om waarlik ’n godvrugtige nalatenskap te hê deur die bagasie van die verlede neer te sit, hul oortuigings opnuut te definieer en daarna te streef om vir die res van hul lewe toegewy aan God, hulle huwelik en hulle kinders te leef. pdfDie_standvastige_vrou.pdf76.74 KB

 
Die eindtyd is hier

eindtydJoshua Jordan ontwikkel ’n hoogs gesofistikeerde missiel-verdedi gingsisteem, ’n laserskild met die kode­naam Terug-na-sender. Wêreldmagte span saam om die verdedigings­meganisme te steel terwyl die VSA-regering enigiets sal doen om die land se dreigende ekonomiese katastrofe te verhoed ... al beteken dit hulle moet Jordan én sy wapen uitlewer. Die eindtyd is hier is ’n adrenalien-gevulde spanningsverhaal deur topverkoper-outeurs Tim LaHaye en Craig Parshall. pdfDie_eindtyd_is_hier.pdf317.13 KB

 
Unstuff

unstuffUnstuff is a mostly pain-free guide to downsizing with many tips and advice on how to live with less and still be happy. Unstuff addresses the issues of why we feel compelled to fill our lives with so much stuff. Authors Michael and Hayley DiMarco discuss the symptoms, and they ask many questions. What can you live without? What do you fear being without? What do you have simply because it makes you feel happy? Unstuff concludes with some timely and prudent advice: live within your means. pdfUnstuff.pdf132.19 KB

 
Liglopers

LiglopersHy het van kleins af gewéét dat hy anders is, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam. Liglopers het ook ʼn “QR code” sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

(pdfLees meer124.92 KB)

 

Ministry links

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

 

 

amos_logo

1334042892

1336480662