• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
ImageOns almal voel een of ander tyd in ons lewe bedruk. God se Woord wys egter aan ons hoe ons weer kan opstaan. Kyk na Elia, iemand wat "net soos ons" was. Hoekom het hy so ver geval?
(1) Dit het kort op die hakke van 'n groot oorwinning gevolg. Hy was nie neerslagtig van die begin af nie, en het nie in sonde geval nie. Nee, hy het sopas vuur uit die hemel geroep en 450 vals profete verslaan (sien 1 Kon. 18:22-39). Maar dit is harde werk! Elia het dus geval vanaf uitbundigheid tot in uitgeputheid. Afgemat, weerloos en sonder enige weerstand, het hy in 'n natuurlike depressie ingeval, want moegheid stroop ons van al ons moed.
(2) Vrees het veroorsaak dat hy perspektief verloor het. Die man van God wat sopas 'n bose menigte getrotseer het, moes weghardloop vir een vrou, Isebel (sien 1 Kon. 19). Vrees het hom laat vergeet van God se mag, dit het sy perspektief verdraai en selfmoordneigings veroorsaak. Uitputting wat gepaard gaan met vrees, is 'n gevaarlike kombinasie. Dit verwelkom hopelose, verkeerde denke en laat jou glo dat jou situasie hopeloos is.
(3) Hy het afgesonder geraak. Elia het sy slaaf by Berseba agtergelaat en alleen in die woestyn ingegaan (sien 1 Kon. 19:3-4). Juis wanneer jy die meeste ondersteuning nodig het, gaan die vrees vir mislukking, angstigheid en 'n gevoel van minderwaardigheid jou laat voel asof jy eerder alleen wil wees. Op daardie stadium is jy in die slegste moontlike geselskap - jou eie. Elia het gedink: "Net ek alleen het oorgebly . hulle soek my om my ook om die lewe te bring," (1 Kon. 19:10, 14, NAV). Dit kan vertaal word met: "Dinge lyk sleg en ek kan nie sien dat dit enigsins gaan beter raak nie!" Wanneer jy bedruk voel, is dit nie goed om alleen te wees nie. Dan moet jy juis uitreik na God en die mense wat vir jou omgee. Hulle kan jou help om weer op te staan.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)