In Wanneer God stilbly ondersoek Johan Smit in 25 hoofstukke belangrike temas in die Bybelboek Job, en wys hoe die lewende God vandag nog in mense se lewens teenwoordig is te midde van moeilike omstandighede. Dié Bybelstudie sluit af met ’n bylaag bestaande uit drie hoofstukke oor sake soos die doel van lyding, die Christen en lyding en hoe ’n mens iemand kan help wat deur ’n moeilike tyd gaan. (
Lees meer)