About our ministry (Afrikaans)

Johann & Zelda

Baie welkom by ons webwerf wat ingestel is om jou te ontmoet in die markplein en sommer net daar te wees vir jou.

Om Jesus op aarde te verteenwoordig is nie net 'n fantastiese voorreg vir elke Christen nie, dis ook 'n groot verantwoordelikheid. Om geestelik in die "markplein" of sekulêre wêreld te oorleef is nie so maklik nie en dis waar ons roeping lê. Die samestelling van ons pfJ's is dan gemik om mense elke oggend te ontmoet by die werkplek en te bedien met 'n samestelling van geestelike materiaal wat onsself of skryf (soos die Here op ons harte lê) of wat ons verkry van medewerkers, instansies of skrywers regoor die wêreld.

Soms het mense net die behoefte om hulle hart uit te stort, met iemand te praat of om voorbidding te vra. Gelukkig is 'n groot aantal mense persoonlik aan ons bekend en leer ons elke dag ook nuwe mense beter ken en wanneer ons knieë soms swik, kan ek persoonlik getuig hoe daar al 'n "geestelike laer" rondom ons getrek en ons deur hulle gedra is.

Is dit nie waaroor dit gaan nie? Om daar vir mekaar te wees, sonder pretensies en voorwaardes om God te dien nie?

Om daarna te streef dat Jesus ons lewens so sal verander, dat ons eerstens in onsself sal sterf en tweedens om in Sy volheid en in Sy krag te kan wandel en Sy koningkryk op aarde uit te bou nie?

Kom ons streef daarna dat ons lewens 'n heilige offer voor Jesus sal wees, welgevallig en aanneemlik vir God. Kom ons raak vernuwe in ons denke deur die werking van die Heilige Gees.

Kom ons dien die Here en maak 'n verskil vir Sy koningkryk.

Johann & Zelda de Jager

Oorweeg asb die volgende:

  • Dra by tot die inhoud van hierdie webwerf.
  • Raak betrokke op jou gebied van kundigheid
  • Bid vir die werk van die Here
  • Stel hierdie webwerf bekend aan jou Boeties en Sussies in Jesus.
  • As jy nog nie vir Jesus ken nie, Hom 'n kans te gee....


Sommer net so ietsie anders:

Ons hang nie enige spesifieke kerk se leerstellings aan nie, ons is bloot passievol oor Jesus en beskou die Bybel as ons basis van ons geloof. Waar Jesus in Gees en Waarheid aanbid word - daar sal ons tuis wees.

Search this website

CUM Books (Latest)

Vra God te veel?

vra god te veelBraam Hanekom bied in Vra God te veel? ’n verruimende gelowige perspektief oor 40 uiteenlopende aktuele kwessies, van die politiek tot klimaatsverandering. Dit rus elke leser toe om nuut te kyk na die wêreld om ons en werklik ’n verskil te maak waar ons leef. (docLees meer)

 
Die Storie

die storieOntdek die verhaal van die Bybel soos wat jy dit nog nooit vantevore gelees het nie. Die Storie is die volledige verhaal in die Bybel, van Genesis tot Openbaring, saamgevat in 31 hoofstukke. Uittreksels uit die Skrif is in ’n chronologiese verhaal saam­geweef. (docLees meer)

 
Jesus Radical, Righteous, Relevant

radicalJesus Radical, Righteous, Relevant is an essential read to all Christians. Stephan Joubert provides readers with insight into where they belong in God’s kingdom and places Jesus in center position in the church (docRead more)

 
Geloofskatte in Hebreërs

9781770009509Adrio König fokus in Geloofskatte in Hebreërs op die breër perspektiewe van die Hebreërbrief. König dring deur tot kernsake van Hebreërs soos: Waarom is Hebreërs geskryf en watter groot geloofsake en -probleme word bespreek? Die 7 studies help gelowiges om die hooftemas van die brief in die oog te hou en in verband te bring met die lyne in die res van die Skrif. (docLees meer)

 

Ministry links

tehillah2207

straatwerkStopAbuse

nuwewyn

Juig-logo

yada-logo

 

amos_logo

1323855269

1323861593